African Journals Online
Historia

Issues Available About the Journal

Volume 47 Number 2 2002
ABSTRACTS

The case of the volkscustodian and the professor: heritage versus history  

Allen, Geoff

Abstract: Die geval van die volksbewaarder en die professor: erfenis versus geskiedenis

Op 28 Maart 1979 is prof. Jaarsveld verhinder om 'n referaat by 'n akademiese kongres te lewer deur 'n groep regse aktiwiste. Hulle het hom in die rede geval en voor die gehoor letterlik geteer-en-veer. Hierdie studie is 'n poging om die voorval te verklaar deur dit binne die historiese konteks van die 1960's en 1970's te plaas en die historiese bewussyns van die betrokke partye te analiseer in terme van Nietzsche se drie kategorieë: Antikwarianisme, Monumentalisme en Kritiek.

 

Oral traditions as heritage: the historiography of oral historical research on the Shona communities of Zimbabwe: some methodological concerns

Mazarire, Gerald Chikozho

Abstract: Mondelinge tradisie as erfenis: die historiografie van mondelinge navorsing en die Shonagemeenskappe van Zimbabwe: sommige metodologiese aspekte

In hierdie bydrae word die belangrikheid van mondelinge oorlewering as erfenis, wat bewaar behoort te word, spesifiek met betrekking tot die Shona in Zimbabwe aangetoon. Die uitgangspunt is historiografies deur na te gaan hoe mondelinge oorlewering deur verskillende persone versamel is, wat die redes vir versameling was sowel as die verskillende interpretasies daarvan deur opeenvolgende navorsers was. Teen hierdie agtergrond doen die artikel sekere metodologiese oplossings aan die hand.

 

Heritage and Historically Black Universities (HBUs): the view from Fort Hare  

Morrow, Sean

Abstract: Erfenis en die Historiese Swart Universiteite (HSUs): die uitsig van Fort Hare

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na histories swart universiteite as erfenisbestemmings. Daar word geargumenteer dat universiteite simbole is van intellektuele en kulturele prestasies van bepaalde gemeenskappe of klasse. Die uiteenlopende oorsprong en verlede van histories swart universiteite in Suid-Afrika maak dit moeilik vir sodanige instellings om daardie rol met betrekking tot die swart gemeenskap te vervul: Fort Hare sou dit straks met groter oortuiging kon doen weens die universiteit se langer en meer komplekse geskiedenis. Hierdie artikel skets die geskiedenis wat dit moontlik maak vir Fort Hare om 'n simbool te wees van die prestasies van swartmense deur die beskrywing van die galery, argiewe en museum as voorbeelde van die fisiese en intellektuele manifestasies van hierdie prestasies. Die uitgangspunt is dat die oorlewing van Fort Hare as 'n onafhanklike entiteit in die huidige voorgestelde reorganisasie van hoër onderwys in Suid-Afrika baie te doen het met hierdie erfenisrol van die universiteit. Ten slotte word erfenis tog beskou as 'n nie-eksakte en betwisde konsep en dat dit veral by universiteite krities en histories ondersoek behoort te word.

 

 

Table Mountain - South Africa's natural national monument           

Goetze, Tim

Abstract: Tafelberg - Suid-Afrika se natuurlike nasionale monument

Die herkenbare en unieke geografiese eienskappe van berge het dikwels daartoe gelei dat dit plekke was waar mense geworstel het met vrae oor die betekenis van die natuur, die essensie van geloof, die uitdrukking van nasionalisme en groepsidentiteit. Hoewel berge plekke is waar betekenis aan belangrike aspekte gegee word, is dit ook waar mense dikwels die fisiese eienskappe van berge verander. Tafelberg is ook geen uitsondering nie. In die artikel word kwessies soos kolonialisme, nasionalisme en geloof soos weerspieël in die geskiedenis van Tafelberg ondersoek. Daar sal ook aangetoon word dat mense die nasionale en "natuurlike" bate "herskep" het. Dit ondersoek die dialektiek tussen die wyses waarop dit bestuur is en die wyse waarop die berg homself projekteer. Tafelberg is as Nasionale Monument verklaar in 1958 en gedurende die afgelope 50 jaar is dit ook as Nasionale Reservaat en Nasionale Park verklaar. Dit is deel van die natuurlike en nasionale erfenis van Suid-Afrika en diegene wat dit bestuur probeer getrou om dit as sodanig voor te stel.

 

 

Heritage routes for the liberated South Africans: using oral history to reconstruct unsung heroes and heroines' routes into exile in the 1960s

Ndlovu, Sifiso Mxolisi

Abstract: Erfenisroetes vir die bevryde Suid-Afrikaners: die gebruik van mondelinge geskiedenis om die roetes van die helde en heldinne na ballingskap in die 1960s te herkonstrueer

Talle Suid-Afrikaners het na die verbanning van die ANC en die PAC in 1960 die land verlaat uit vrees vir arrestasie. Uitgewekenes was afkomstig van 'n bree spektrum agtergronde en gemeenskappe. 'n Groot groep was voornemende vryheidsvegters wat militêre opleiding in die buiteland wou ondergaan. Ander wou weer graag opleiding in die buiteland voorsit. 'n Groot persentasie van die ANC en PAC leierskorps het gedurende die 1960's die land verlaat en het nuwe basisse in pas onafhanklike state soos Tanzanië en Zambië gevestig. Talle uitgewekenes het in ande Afrikastate beland, waarvan sommige in MK militêre kampe in Tanzanië. Ander het in Europa (veral Brittanje) en die VSA geëindig. Ander het gegaan na die USSR, Sjina en Oos-Europese lande waardeur hulle 'n internasionale erfenisroete vir Suid-Afrikaners gevestig het. Hierdie artikel verleen aandag aan die verhale van wat met hierdie uitgewekenes gebeur het, hoe en waarom hulle Suid-Afrika verlaat het en die gevare wat hulle moes trotseer. Daardeur word 'n bydrae gelewer tot die herskep van die onmiddelike verlede en historiese erfenis van Suid-Afrika.

 

 

The culture of collecting: the National Library as a memory institution            

Ritchie, Gabrielle

Abstract: Die kultuur van versameling: die nasionale Biblioteek as 'n instelling van herinnering

As instellings wat die intellektuele en kulturele herinnering van die gemeenskap organiseer, is biblioteke, museums en argiewe verantwoordelik daarvoor om leer-, navorsings- en kulturele geleenthede te skep wat alle grense oorskry. Hoewel museums bevraagteken word op grond van wat in die verlede versamel is en wat toeganklik gemaak word, bly dit die mees bekende erfenisinstelling vir die publiek. Argiewe staan ook bekend as die bewaarders van herinnering. Nasionale biblioteke is minder bekend in daardie rol. Nogtans is dit spesifiek die taak van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika om Suid-Afrika se gepubliseerde dokumentêre erfenis te versamel, te bewaar en toeganklik te maak. Met miljoene items in sy besit word die Nasionale Biblioteek volgens wetgewing verplig om te "versamel". Dit is die uitsluitlike taak van Suid-Afrika se erfenisinstellings om te versamel en voorwerpe in hulle besit toeganklik te maak. Erfenisitems het daarin opgesluit herinnering asook die moontlikheid van talryke verhale. In hierdie verband probeer die Nasionale Biblioteek om 'n netwerk te vestig met ander biblioteke, museums en argiewe ten einde inhoud en dienste te deel, en ander kontak wat moontlik gemaak sou kon word deur die elktroniese omgewing, te fasiliteer. Ten einde sodanige meer gebruikersvriendelike navorsingsomgewing te bevorder, moet hierdie instellings hulle kennisvennootskappe versterk om die bestuuur van komplementêre komponente van fisiese, digitale en ander bronne te vergemaklik. In navolging van internasionale tendense probeer die Nasionale Biblioteek sy rol as die kern Suid-Afrikaanse herinneringsintelling te ontwikkel.

 

 

'If they are as thirsty as all that, let them come down to the pool': unearthing 'Wildlife' history and reconstructing 'Heritage' in Gonarezhou National Park, from the late nineteenth century to the 1930s

Mavhunga, Clapperton

Abstract: 'As hulle so dors is, laat hulle na die oel kom': die opgrawing van 'wildlewe' geskiedenis en die herkonstruksie van 'erfenis' in Gonarezhou Nasionale Park, vanaf die laat negentiende eeu tot die 1930s

Gonarezhou is Zimbabwe se tweede grootste wildreservaat, geleë in die droogste en warmste deel van die land. Dit beslaan 4964 vierkante kilometer en word in die noorde begrens deur die Save Runderiviersamesmelting, in die suide deur die Limpoporivier, in die ooste deur Mosambiek en in die weste deur die Malipi Safarigebied. Die gebied word gekenmerk deur digte mopani bos wat veilige skuiling en habitat bied aan die wild wat tussen Suid-Afrika en Mosambiek beweeg. Voor 1968 is die gebied bewoon deur die Hlengwe, dit is Tsonga-mense met taal-en familieverbintenisse met inwoners in die suid-westelike gebied van Mosambiek en in die noorde van Suid-Afrika. Voorts het Shona en Ndebele-mense ook die gebied bewoon. Die belang van hierdie park is geleë in die toekomstige insluiting by die Groot Limpopo trangrenspark (Kaart 2), 'n eko-toerisme inisiatief van Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek. Die ryk wildlewe van die park het besoekers gelok sedert die Swahili-periode to gedurende die laat twintigste eeu, hoofsaaklik weens ivoor en handelsmoontlikhede. Grootwildjag is bevorder deur die beskikbaarheid van vuurwapens via die Indiese Oseaan, terwyl uitgaande ivoor dieselfde roete gevolg het. Die Gonarezhou is 'n historese wildlewekompleks wat gestalte gee aan verskillende manifestasies van erfenis geskep deur mense se benutting van grond en natuurlike hulpbronne. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na voor-koloniale inwoners se opvatting van erfenis en die veranderings in die begrip en aanwending van daardie erfenis in die koloniale periode. Dit word aangevoer dat in beide die voor sowel as die koloniale periode, erfenis gesien is as daadwerklike eienaarskap van die omgewing en sy bronne. Hierdie eienaarskap het grootliks berus op politieke mag, indien nie volledige nie, en in sommige gevalle het die behoud of verwerwing van politieke mag bepaal hoeveel indien enigsins, erfenis funksioneel gebly het of funksionaliteit verbeur het.

 

 

Future of the past: access to public archives in southern Africa and challenges to historical research

Ngulube, Patrick

Abstract: Toekoms van die verlede: toegang tot die openbare argiewe in suider-Afrika en die uitdagings vir historiese navorsing

Geskiedkundige navorsing oor die menslike beskawing is aangewese op die beskikbaarheid van argiefstukke. Die toekoms van argiewe in suidelike Afrika is nie 'n uitgemaakte saak nie. Daar is 'n aantal versperrings vir navorsers om inligting uit argiefmateriaal te ontsluit. Van die grootste hindernisse is wetlike aspekte en die argief se keuringsbeleid. Verder, argiefstukke wat as vertroulik, of as hoogs geheim, geslote bly, strem navorsing. Meer praktiese probleme sluit in ongerieflike sluitingstye en die gebruik van tegnologiese hulpmiddels. Die opeenhoping van onverwerkte (of ongeklassifiseerde) argiefstukke en die gebrek aan 'n uitvoerbare strategie vir die hantering en beheer van argiefmateriaal, frustreer die navorser en maak navorsing dikwels bykans onmoontlik. In die studie word 'n beroep op historici gedoen om betrokke te raak in die proses om 'n meer doeltreffende argiefstelsel vir toekomstige gebruikers te skep.

 

 

Hegemoniese Afrikanermanlikheid en die "Ander" in die voorapartheidsfase: D.C. Boonzaaier se Hoggenheimerkarikatuur

Du Pisani, Kobus

Abstract: Hegemonic Afrikaner masculinity and the 'Other' in the pre-Apartheid phase: D.C. Boonzaier' Hoggenheimer caricature

The objectrive in the article is to indicate how the concept of the 'Other' can be used as an analytical instrument in an investigation into the construction of hegemonic masculinity. It is done in the context of an analysis of the facets of D.C. Boonzaaier's cartoon character Hoggenheimer in Die Burger. First there is a brief theoretoical introduction on hegemonic masculinity and the concept of the 'Other' There is also a brief sketch of the context in which Boonzaaier operated as a cartoonist. Then follows a few traits of the Hoggenheimer character in specifc relation to the manner in which the 'Other' was used in the twenties and thirties of the twentieth century in Afrikaner nationalist circles in the process of constructing hegemonic Afrikaner masculinity.

 

 

'Wretched folk, ready for any mischief': The South African state's battle to incorporate poor whites and militant workers, 1890-1939     601

Giliomee, Hermann

Abstract: 'Wretched folk, ready for any mischief': Die staat se stryd om armblankes en militante arbeiders saam te snoer, 1890-1939

In die studie word aandag gegee aan die armblanke-verskynsel in die laat negentiende en vroeë twintigste eeu. Daar word gelet op die wyse hoe bevoordeling van hierdie groepering dikwels ten koste van die swartmense plaasgevind het. Suid-Afrika, strydig met die algemene opvatting, is geleë in 'n landstreek wat nie heeltemal vir die boerdery geskik is nie. Gevolglik het verarming plaasgevind en boerende mense was toenemend verplig om aan 'n verstedelikingsproses deel te neem. Dié proses was traumaties vir die Afrikaners. Die Afrikaners wat deel van die stedelike proletariat geword het, was in baie opsigte net soos hulle bywoner-ekwivalent op die platteland behoeftig en deel van 'n agtergeblewe segment van die blanke bevolking wat onder omstandighede soos die Rebellie van 1914-5 en die Randse Staking van 1922 bepaalde sentimente gekoester het. Die Paktregering het met die beleid van 'beskaafde arbeid' die weg voorberei om die blankes te akkommodeer Terselfdertyd moes nywerheidsontwikkeling bevorder word. Die Carnegieverslag in die dertigerjare het 'n treffende indruk van die armblankes geskep. Die regering het te midde van ekonomiese herstel, ná die depressie en 'n ekonomie wat besig was om vir 'n oorlog voor te berei, daarin geslaag om werkloosheid onder die blankes te verminder.

 

An assessment of the impact of economic sanctions on Rhodesia's cattle industry, 1965-1972

Samasuwo, Nhamo W.

Abstract: 'n Beoordeling van die impak van ekonomiese sanksies op die Rhodesiese beesboerdery, 1965-1972

In die beskrywing van die oneffektiwiteit van sanksies word baie aksent op die mite van 'Rhodesiese vindingrykheid' geplaas. In die artikel word aangevoer dat die 1964-handelsooreenkoms baie gedoen het om Rhodesië daartoe in staat te stel, om deur middel van Suid-Afrika, sanksies die hoof te bied. Verder word gelet op die anomalie van Suid-Afrika se rol in die sogenaamde redding van die Rhodesiese beesvleisbedryf. Daar word beskryf hoe die onwettige uitvoer van beesvleis deur die bemiddeling van Suid-Afrika plaasgevind het. Deur die ooreenkoms van 1964, asook die samewerking van Suid-Afrikaanse verbintenisse op die kontinent, het Rhodesië daarin geslaag om genoeg buitelandse kapitaal te verdien sodat landbou-diversifikasie kon plaasvind. Rhodesië se pogings is egter later verydel deur die ekonomiese en politieke krisis wat deur sanksies meegebring is.

 

 

Die Afrikaner en die demokrasie II: die dekades voor 1948  

Scholtz, Leopold; Scholtz, Ingrid

Abstract: The Afrikaner and democracy II: the decades before 1948

In this second and last part of a series the authors show that one of the most intense Afrikaner debates of the thirties and forties revolved around the nature of liberal democracy, capitalism and imperialism. The need of so many poor Afrikaners, and the fact that capitalism was seen as the other side of the coin of British imperialism, brought about a situation where many Afrikaner thinkers and politicians sought refuge under the umbrella of national socialism. The main protagonist of this trend was the Ossewa-Brandwag (Ox-wagon Sentinel or OB), but in the power struggle with the National Party (NP), the last mentioned also became infected with national socialist about democracy. However, after the OB neutralised itself by not participating in the 1943 election, these ideas largely fizzled out. Nevertheless, in the process the NP started usurping the sovereignty which previously was reserved for the volk and parliament. In the end, this helped bring about a situation where the abuse of power of the NP reign became possible.

 

 

Die VOC-tydperk en die ontwikkeling van identiteitsbewussyne aan die Kaap  

Kapp, Pieter

Abstract: The VOC-era and the development of identity consciousnesses at the Cape

To what extent can it be claimed that modern South African identities took shape during the period of VOC at the Cape? This question is addressed against the background that in historiography it has often been claimed that Afrikaner identity originated in the period of Dutch rule at the Cape. In his doctoral thesis Ad Biewenga concluded that by 1730 the Cape was a Dutch colony in name and culture. This article deals with the origins of five identities of which the first footprints can be distinguished by 1795: The Afrikaner, the Khoi and San, the mixed Cape population, the slaves and the Muslims. In the conclusion the issue of whether these identities represent a true reflection of the historical situation or a construction by modern historians is discussed.

 

 

1652 - Die begin van kolonialisme in Suid-Afrika?

De Klerk, P.

Abstract: 1652 - The beginning of colonialism in South Africa?

The founding of the VOC refreshment station at the Cape in 1652 is often referred to as the beginning of a period of colonialism in South Africa which lasted until 1994. An examination of the definitions of colonialism which are used by historians today reveals that some scholars reserve the word colonialism for the system of Western domination of large parts of Africa and Asia during the nineteenth and twentieth centuries. There are, however, many historians today who use the term to describe various forms of domination in world history from the earliest times to the present. The article argues that only a broad definition of colonialism makes it possible to understand colonialism as a historical phenomenon. Various forms of colonialism are identified and their role in South African history over the last 2000 years is briefly discussed. The discussion focuses on the role of Dutch colonialism at the Cape within the broader context of the history of colonialism in South Africa. It is pointed out that colonialism during the VOC period differed in some essential respects from colonialism in South Africa during the nineteenth and twentieth centuries. During the Dutch period a process of integration between the colonisers and the colonised peoples took place, while in the later period processes of polarisation were dominant.